Limit this search to....

Woordeboek Van Rekenaarterme: Afrikaans Dictionary of Computer Terms
Contributor(s): Rigdon, John C. (Author)
ISBN: 1537326651     ISBN-13: 9781537326658
Publisher: Createspace Independent Publishing Platform
OUR PRICE:   $31.11  
Product Type: Paperback
Language: Afrikaans
Published: March 2017
Qty:
Additional Information
BISAC Categories:
- Computers | Computer Literacy
Physical Information: 0.7" H x 6" W x 9" (0.99 lbs) 334 pages
 
Descriptions, Reviews, Etc.
Publisher Description:
Daar is baie terminologiepogings in Afrikaans en nie almal werk altyd saam nie. Party programvertalers is nie altyd bewus van taalkundige sake nie, en baie vertalers is nie altyd ingelig oor watter terme reeds bestaan en gebruik word op skole en universiteite nie. Konsekwentheid met terminologie in wiskunde, taalkunde en ingenieurswese is natuurlik ook baie belangrik. Die eerste Engels-Afrikaans woordeboeke van rekenaarterme het voor 1980 by verskeie universiteite verskyn. Byvoorbeeld, in 1977 het die Universiteit van Suid-Afrika hul eerste Engels-Afrikaans/Afrikaans-Engels woordeboek van rekenaarterme gedruk. Hierdie 144-bladsy woordeboek is aan alle studente in die DepartementRekenaarwetenskap en Inligtingstelsels saam met andere studiegidse gegee. Die Tweetalige Rekenaarwoordeboek, 1985, van Coetzee, Du Plooy en Cluver, was 'n baanbrekerswerk wat in 1987 herdruk is. Dodds en Grobbelaar se tweetalige rekenaarwoordeboek (1984, hersien in 1987) kom uit dieselfde era. Die Vriende vir Afrikaans het prof Nic Du Plooy in 2005 versoek om sy Tweetalige Woordeboek by te werk, maar hy het nie daarvoor sy weg oopgesien nie, maar die teks beskikbaar gestel as basis van 'n nuwe rekenaarwoordeboek. Die Kuberwoordeboek (H.C. Viljoen hoofredakteur) het in 2007 verskyn, en is gebaseer op Coetzee, Du Plooy en Cluver se 1987 hersiene werk; ander bronne wat geraadpleeg was, was die WAITT woordelys, Dodds en Grobbelaar se Rekenaarwoordeboek, en termelyste van die Vaktaalburo.